Spoorvat (EBOEK)

R207,00
Spoorvat (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799356915
Format: EPUB
Publish date: 2014-01-01
Links
Riana Scheepers en Leti Kleyn het skrywers gevra om hul kinder- of jeugervarings te woord te stel. Daar was geen beperkings of voorskrifte nie, maar slegs gepubliseerde skrywers is om bydraes gevra. Die resultaat is ’n unieke bloemlesing waarin 36 skrywers se herinneringe opgeneem is. Die titel is Spoorvat. Saam-saam volg ons die spoor terug na die verlede; ’n verlede wat net so kleurvol, vrolik, hartseer, innig en uiteenlopend is soos die mense van hierdie land. Party verhale laat jou uit die maag uit lag – soos die keer toe ’n sesjarige Louis Esterhuizen ’n biduur tot stilstand geruk het met ’n gebed waarin hy bieg dat hy kwansuis oor die tou sou getrap het daardie dag. Zandra Bezuidenhout se gestroopte waarneming van ’n buitekamer laat jou weer met ’n knop in die keel. Clinton V. du Plessis onthou die maanlanding. Jaco Jacobs verduidelik waar hy geleer het om dat stories hulle eie loop te laat neem, Dana Snyman probeer generasieverskille oorbrug en Ingrid Winterbach vang ’n herinngering in amber vas. Daar is 30 ander wat nog nie eens genoem is nie.
Meer inligting
Publish Date 01 Jan. 2014
Format EPUB
Skrywer Leti Kleyn, Riana Scheepers
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Leti Kleyn, Riana Scheepers