Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars,
nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle
ouderdomme sal vind.
Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê
oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse
lewens. Heinz gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriend. Die inhoud bied
die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl,
verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van
manwees aan.
Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe
om ’n goeie vriend te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die
beste getroude man te wees’, ‘Hoe om ’n goeie pa te wees, ‘Hoe om sosiale
media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en
vele meer.