Manuskripvoorleggings An LUCA

LUCA aanvaar manuskripvoorleggings vir fiksie-; niefiksie-;  kinder- en jeugboeke wat gerig is op lesers wat graag boeke lees wat inspirerend is en/of gerig is op Christen-lesers.

Vir voorleggings van fiksie wil ons graag ’n opsomming van die verhaal sien, ten minste drie volledige hoofstukke asook ’n aanduiding van die aantal woorde wat die volledige manuskrip gaan hê. Dui asseblief ook aan wie die boek se teikenleser is. Hoe sien jy die voorblad van jou boek? Watter illustrasies/foto’s dink jy kan vir jou voorblad gebruik word?

Vir voorleggings van niefiksie wil ons graag ’n opsomming van die boek se inhoud sien van ongeveer 300 woorde, tesame met ’n lys van hoofstuk titels. Dui ook aan wie die boek se teikenleser is en watter bestaande boeke in die mark kan met jou boek vergelyk word. In watter afdeling van die boekwinkel sal jou boek op die rak wees? Hoe sien jy die voorblad van jou boek? Watter illustrasies/foto’s dink jy kan vir jou voorblad gebruik word?

Vir voorleggings vir kinder- en jeugboeke wil ons graag die volledige manuskrip sien sowel as ’n uiteensetting van die ouderdomsgroep en teikenmark waarop die verhaal gemik is. Vir meer inligting rakende die verskillende ouderdomsgroepe, besoek gerus die volgende skakel: Kinder en Jeug

Indien jy ná drie maande geen antwoord van ons gekry het nie, kan jy aanneem dat jou voorlegging onsuksesvol was.