Aksieheld Austin (4): Doodskreet van die dino’s (EBOEK)

R128,00
Aksieheld Austin (4): Doodskreet van die dino’s (EBOEK) geskryf deur Fanie Viljoen.
In voorraad
ISBN
9781776350285
Format: EPUB
Publish date: 2021-10-01
Links
LIGTE, KAMERA, AKSIE! Ewald is die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Diep in ’n oerwoud in Afrika – dis waar die nuwe Aksieheld Austin-fliek verfilm word. Ewald en sy pel Cardo verwonder hulle oor die asemrowende medespelers: Drie groot T-rex’e. Dis natuurlik nie regte dinosourusse nie. Maar hulle is wel lewensgetroue robotte. Iets gaan egter fout tydens die verfilming. Die dino’s begin soos regte T-rex’e optree. Dis slegte nuus vir die twee ouens, want hulle verloor hul pad in die oerwoud ... en nou begin die dino’s hulle jag. Sal Ewald en Cardo ooit lewendig uit die oerwoud kom? Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Meer inligting
Publish Date 01 Okt. 2021
Format EPUB
Skrywer Fanie Viljoen
Taal Afrikaans
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Fanie Viljoen