Keto Lifestyle: maklik (EBOEK)

R325,00
In voorraad
ISBN
9781485901815
Format: EPUB
Publish date: 2024-05-01
Links
Die ketodieet is lankal bekend; miskien het jy daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Ontspan, dis nie jou skuld nie.
Of die leefstyl nou vir jou splinternuut is of dalk volg jy dit al noukeurig en het jy nuwe inspirasie nodig, hierdie boek het iets vir almal. Ná die wegholsukses van sy eerste boek, Living the Ultimate Keto Lifestyle (2022), wil Hendrik Marais die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekendstel terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wil bied.
Keto Lifestyle: maklik is ’n gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet met periodieke vas (opsioneel). Dit sluit in vier maaltydplanne (twee is standaard en twee verg spesifieke voorbereiding) met meer as 66 resepte wat eenvoudig is om te volg, sinvol is, wat sowel begroting- as beurtkragvriendelik is en jou tyd sal spaar. Jy sal mal wees oor die geurige, tradisioneel Suid-Afrikaanse resepte wat ook ’n ketovriendelike vermaaklikheidspyskaart insluit om jou vriende te onthaal en goeie tye op ’n gesonde en bekostigbare manier met hulle te deel.
Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf. Die belangrikste is egter hoe om ’n lewenstyl te kweek wat nie net gewigsverlies op die kort termyn ondersteun nie, maar ook die gewig vir jare lank onder beheer sal hou – iets waarmee die meeste mense desperaat worstel.
Die boodskap van hierdie boek is maklik: ’n Ketogeniese dieet hoef nie ingewikkeld, duur of tydrowend te wees nie.
Meer inligting
Publish Date 01 Mei 2024
Format EPUB
Skrywer Hendrik Marais
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening