Voëlvry (EBOEK)

R145,00
Voëlvry (EBOEK) geskryf deur Piet van Rooyen
In voorraad
ISBN
9781415208885
Format: EPUB
Publish date: 2015-11-11
Links
Wanneer dinge te warm raak vir die skatryk Duitse swendelaar Hans-Joachim Kramer, vestig hy hom en sy jong gesin op ’n plaas in Namibië. Hy stel vir Daantjie Weerlig as voorman aan om hom met sy boerdery te help. Kramer pas gou aan by die nuwe land en sy mense, maar vir sy blondekopvrou en hul tweeling raak die ongenaakbaarheid van die nuwe tuiste gou te veel en hulle keer terug Duitsland toe. Wanneer Kramer vir Vaalperd Ses in diens neem, neem sake ’n dramatiese wending. Dié nuweling kruis swaarde met Daantjie Weerlig en hy sweer wraak wanneer hy uiteindelik gevra word om die plaas te verlaat. Intussen is ’n lasbrief vir die inhegtenisname van Kramer in Duitsland uitgereik. Die agent wie se taak dit is om Hans-Joachim uitgelewer te kry, betrek die meedoënlose Vaalperd Ses om die Duitser die skrik op die lyf te jaag – met bloedige gevolge. Gou word alles wat vir Kramer kosbaar was hom ontneem, maar dan ontmoet hy ’n jong vrou, Rachel da Silva, wie se wortels stewig geanker is in Afrika-grond ...
Meer inligting
Publish Date 11 Nov. 2015
Format EPUB
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening