Halfpad een ding (EBOEK)

R170,00
Halfpad een ding (EBOEK) deur Zirk van den Berg, skrywer van ’n Ander Mens
In voorraad
ISBN
9780143531241
Format: EPUB
Publish date: 2014-04-03
Links
Gideon Lancaster, 'n Nieu-Seelander wat vir die Britte veg, infiltreer 'n Boerekommando. Hy word gou verstrengel in verwarrende lojaliteite wanneer hy die boeresoldate beter leer ken en boonop verlief raak op Esther Calitz, 'n eiesinnige Boeremeisie wat sy trou bo alle ander eis. Tussen Esther en kommandant Jacob Eksteen, sy swygsame mededinger in die liefde en 'n man met swart-en-wit beginsels, vind hy sy weg met groot moeite. Die teenstrydige eise van trou en liefde dryf hom tot onbesonnenheid. Hy gryp die kans op 'n groot waagstuk aan toe 'n Britse bataljon gemobiliseer word om die oorlog tot 'n klinkende einde te bring. Halfpad Een Ding is 'n meesleurende leeservaring, 'n liefdesverhaal en oorlogsavontuur neergepen deur 'n ervare, subtiele skrywershand.
Meer inligting
Publish Date 03 Apr. 2014
Format EPUB
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening