Diva (EBOEK)

R242,00
Diva (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799359671
Format: EPUB
Publish date: 2013-04-01
Links
Deborah Deysel, ’n operasangeres uit Suid-Afrika, bevind haar ’n jaar ná ’n skandaal in haar private lewe weer in Zürich. Sy kom gou agter dat sy nie haar verlede kan ontvlug nie, toe die dirigent wat saam met haar in die skandaal betrokke was, weer met haar kontak maak. Hy oorreed haar om hom by sy ateljee in die operahuis te besoek, waar hy ’n geheime musiekopname aan haar toevertrou. Luitenant Janek Baptiste van die Zürich-misdaadpolisie ondersoek reeds die moord op ’n televisiepersoonlikheid toe hy een aand Operahuis toe uitgeroep word. ’n Dirigent is dood in sy ateljee aangetref en die laaste persoon wat hom gesien het, is ’n operasangeres met wie hy eens op ’n tyd ’n buite-egtelike verhouding gehad het. Twee wêrelde, opera en misdaad, kom teen mekaar te staan. Nog meer moorde volg. Die speurder en operasangeres span saam om ’n jare lange komplot oop te vlek. Dit lei tot ’n skokkende ontdekking. Van Isa Konrad se bekendste romans is die spanningsromans Die ondenkbare en Die soenoffer. Diva is haar elfde roman. Sy is in Namibië gebore en woon ’n geruime tyd reeds in Switserland.
Meer inligting
Publish Date 01 Apr. 2013
Format EPUB
Skrywer Isa-Lotte Konrad
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Isa-Lotte Konrad