Die Wonderwerker (EBOEK)

R130,00
Die Wonderwerker (EBOEK) geskryf deur Chris Barnard
In voorraad
ISBN
9780143529743
Format: EPUB
Publish date: 2012-09-28
Links
Toe Eugène Marais deurtrek van malaria en morfien by 'n vreemde plaashuis in die Waterberg ingeneem word, verander daardie huishouding heeltemal. Twee vroue ding mee om sy aandag - Maria, die huisvrou, en Jane, 'n jong meisie onder die gesin se sorg. En op hulle beurt is daar twee jaloerse mans - Gys, die eggenoot, en hul seun, Adderjan. Oor die maande waarin Marais onder die sorg van die twee vroue herstel, verrig hy wat vir die plaasmense en hul bure na wonderwerke lyk. Hy versamel en ondersoek byna alles, maak diere mak en bring hulle in sy kamer in, genees besoekers. Hy "mesmeraais" mense en hou hom besig met dinge wat soos toordery lyk. Algaande bring sy teenwoordigheid in almal die verlange na iets onbereikbaars na vore, maar dis Marais se verlange na die jongmeisie, en hare na hom en na 'n ander lewe, wat al die versweë konflikte op die spits dryf.
Meer inligting
Publish Date 28 Sep. 2012
Format EPUB
Skrywer Lapa
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Lapa