Studiegids: Z-A-K Blou planeet

R160,00
Z-A-K Blou Planeet
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639601397
Format: Sagteband
Publish date: 2019-07-01

Twee wêrelde is op die punt om te bots ... Mitch het 'n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was 'n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Al is die planeet besig om aangeval te word … Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en 'n soeke na die plek waar elkeen behoort.

Meer inligting
Publish Date 01 Jul. 2019
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Theresa van Baalen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Theresa van Baalen