Vakansiepret 2: Vlieërs en filmsterre (EBOEK)

R115,00
Vakansiepret 2: Vlieërs en filmsterre (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799390490
Format: EPUB
Publish date: 2018-04-01
Links
Jana en Alisha is verveeld. Dit is veels te koud en winderig om te gaan swem. Maar dan ontdek hulle twee vlieërs ... Dit is die perfekte dag om daarmee op die strand te gaan speel! 
Ongelukkig besluit Jana se boetie, Tiaan, en sy maatjie, Rudie, hulle wil saamkom. Kort voor lank veroorsaak die twee seuntjies chaos. Hul vlieër raak met Jana s’n verstrengel en die tou breek!
Jana en Alisha is desperaat om hulle vlieër terug te kry en sit dit agterna. Dan beland hulle heel onverwags op ’n filmstel waar die beroemde tienerakteur Clint du Bell besig is om sy nuutste fliek te verfilm. En die filmspan is op soek na meisies om as ekstras in die fliek te speel ...
Skielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!

Meer inligting
Publish Date 01 Apr. 2018
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Theresa van Baalen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Theresa van Baalen