Waar boosheid broei (EBOEK)

R268,00
Waar boosheid broei (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799368550
Format: EPUB
Publish date: 2014-06-01
Links
Thys Krige is terug. Dié oudspeurder-kaptein het die reputasie van ’n bloedhond én ’n veghond. Nou het ’n joernalis in Zimbabwe iets aanskou wat hy nie moes nie, iets wat hom snags gillend laat wakker skrik, selfs noudat hy uit die hel van ’n Zimbabwiese tronk verlos is. Wat hy gesien het, weet niemand nie want hy het geheueverlies. Dit is Krige se taak om uit te vind wat dit was. Daarvoor moet hy self Zimbabwe toe. En in die Suid-Afrikaanse polisiemag en die wêreld van oudmilitariste is daar boosheid wat die gruwels oorskry waarvan koerante berig. Krige is wat hy is, en die pad sal hy alleen moet loop. Hy maak mense dood. En Robyn, die joernalis wat sy bed en sy hart maar nie sy huis met hom deel nie? Hy weet nie; dis deel van die onrus in hom. Hy wil haar beskerm teen die misdaad wat sy oopvlek. Hy, wat so naby die dood lewe? Hierdie keer is nie net haar lewe in gevaar nie maar ook haar menswees.
Meer inligting
Publish Date 01 Jun. 2014
Format EPUB
Skrywer Peet Venter
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Peet Venter