Ter wille van liefde (EBOEK)

R140,00
Ter wille van liefde (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799391428
Format: EPUB
Publish date: 2018-12-05
Links
Sy wens sy kon omdraai … Anja kon haar geluk nie glo toe sy die vakature by die Hoë Prestasiesentrum in Pretoria in haar inboks sien nie. Dis so reg in haar kraal. Hulle soek ʼn fisioterapeut wat deel is van ʼn span medici en sportkundiges wat met belowende sportsterre werk. Nie alleen het sy die vereiste kwalifikasies nie, maar sy was in eie reg ʼn sportster. Vir jare was sy die junior nasionale vrouetenniskampioen in die land. Dis ook hoekom die Universiteit van Kalifornië haar ʼn sportbeurs aangebied het. Helaas het die opkikkerskandaal ʼn einde aan haar sportdrome gebring. Die saak is wel in haar guns geskik, maar teen ʼn duur prys. Haar dryfveer vir groot tennis is weg, en sy gaan lank aan die regskoste afbetaal. Hierdie is die geleentheid waarna sy soek, en sal haar in staat stel om weer in Suid-Afrika ’n nuwe begin te maak. Maar toe gaan haar tannie Amelia dood, en sy moet terugkeer na haar geboortedorpie in KwaZulu-Natal, Glenville, om toe te sien dat die boedel afgehandel word. Sy ervaar baie konflik want haar eksverloofde, sy vrou en kind bly in die huis langs haar tannie. Anja het hom en die vrou in ’n vurige omhelsing betrap weke voor hulle sou trou, en is toe landuit. En nou gaan sy weer Henk se ouer broer, Riekert moet sien. Die man wat altyd met sy broeiende blik en donker oë regdeur haar kon sien ...
Meer inligting
Publish Date 05 Des. 2018
Format EPUB
Skrywer Susan Olivier
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Susan Olivier