Offerande (EBOEK)

R298,00
Offerande (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799381344
Format: EPUB
Publish date: 2016-10-01
Links
Is Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy César, die moordenaar, se gene? 

Dié kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en só die Kongolese wat haar tot in Suid-Afrika gevolg het, van haar spoor af kry. Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar? En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit?

Kommissaris De Brabander is ? opsie tot Caz besef sy staan van voor af weer eerste op sy lys van verdagtes – dié keer vir die moord op een van haar agtervolgers.

Boonop daag Caz se eksman by haar op en dring aan om sy dogter te ontmoet. Caz besluit om die keuse aan Lilah oor te laat, maar toe dié uit België aankom, is sy nie die lieflike kind wat Caz ken en grootgemaak het nie. 

Caz se probleme neem rampspoedige afmetings aan toe sy besef die offerlam sal die offerande moet word as sy Lilah van haarself en van die dood wil red. 

Meer inligting
Publish Date 01 Okt. 2016
Format EPUB
Skrywer Chanette Paul
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Chanette Paul