‘n Kans op vir altyd

R320,00
‘n Kans op vir altyd
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639606101
Format: Sagteband
Publish date: 2021-03-01
Haar kans op vir ewig en altyd is nou. Vyf jaar na haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se rna, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of so wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reel, is 'n poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino's een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk, 'n kans op vir altyd, waag?
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2021
Format Sagteband
Skrywer Cecilia Nortjé
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Cecilia Nortjé