’n Huis vir altyd

R320,00
’n Huis vir altyd
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799399929
Format: Sagteband
Publish date: 2020-06-04
Tweede kanse vir tweedehandse harte … Ná Milan se man se dood in ’n vliegtuigongeluk, moet sy haar rykmanslewe in Sandton vaarwel roep. Haar man het hul geld uitverkwis en die skuldeisers eis alles op. Al wat sy vir ’n erflating oorhou, is haar man se tant Corrie se huis op Vaalkrans. Dis vir haar ’n groot aanpassing: Haar bure wat tydig en ontydig by haar huis inkom; die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge al ken hulle mekaar nie; die omgee vir mekaar en uiteindelik ook die omgee vir haar. Haar geldsake is beroerd maar soos wat sy haar voete vind, en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik ’n leefstylwinkel in een van die dele van die huis. Om dinge verder te kompliseer is daar twee mans wat haar in die oog het: Die eiendomsagent wat haar huis moet verkoop, Cloete Rademan, asook die boer op Skilderkloof, Herk Bocklenberg met sy moeilike dogter, lewenslustige tweelingseuns en dieselfde drang as Milan om oor te begin.
Meer inligting
Publish Date 04 Jun. 2020
Format Sagteband
Skrywer Cecilia Nortjé
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Cecilia Nortjé