Kalli Krynauw is bang en dis nie wat sy wil wees nie. Sy wil weer haar ou self wees – hardegat, dinamies, in beheer, ’n suksesvolle forensiese psigo-fisioloog. Sy kry weer ’n saak om te ondersoek en dit doen wondere vir haar selfvertroue, maar bring ook ’n hele kaboedel nuwe spanningslyne in haar lewe – onder andere De Waal Brink, die konsultant wat aangestel is om te help met die ondersoek. Sy vertrou hom nie, maar kan nie help om te swig voor sy eiesoortige manlikheid nie.