Klankgrens

Gewone prys R310,00 Spesiale prys R155,00
Klankgrens
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776351237
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2022-01-01
Jy het by my verbygestrompel en op hierdie dubbelbed neergeval. Ek het jou na die koppenent se kant toe probeer sleep. Die man wat my knieë lam gemaak het wanneer hy in uniform tussen ander staan, was pap en swaar, ’n dronk pateet. Die Weermag, die noodlot, die sisteem — het ’n man en beskermer, ’n mens wat ’n morele leier kon gewees het, van my gesteel. Die man op ons dubbelbed kon enigiets gewees het, enigiets. Maar jy moes drink om die oorlog in jou kop beëindig te kry. Die dampe van die drank in die vertrekke van ons huis was oorlogsdampe. Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jan. 2022
Formaat Sagteband
Skrywer Maretha Maartens, Magda Slabbert
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Maretha Maartens, Magda Slabbert