Onvergeetlike oomblikke (EPUB)

R191,00
Onvergeetlike oomlikke (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799388084
Format: EPUB
Publish date: 2018-05-20
Links
Dina Botha is een van die suksesvolste skrywers in Afrikaans. Sedert Februarie 2013 was Dina Botha 192 keer op Nielsen Bookscan se Top100 vir fiksieverkope.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Dina Botha se vorige Romanzas, Sy rooikopbaas, Liefste Willemientjie en Liefdeskrale. 

Sy rooikopbaas:
Voor Sandra haar oë uitvee, sit sy met ’n manlike “sekretaresse” – Ryk Willemse. Maar haar firma word skielik bedreig, Oumsie soek verbete vir haar ’n man, en sy begin wonder: Is sy ’n verstokte oujongnooi, mannetjiesagtig, ’n rooikopheks? 

Liefste Willemientjie:
Wilmien het lankal vergeet om aan haarself te dink. Ná haar ouers se dood moet sý sorg, voog van haar vyf broers en suster wees, boer – al maak Rhys du Randt weer die vrou in haar wakker.

Liefdeskrale:
Platsak moet rykmansdogter Esté oorleef, haarself bewys. Sonder haar ontwerpersklere, -skoene, sportmotor. Schalk Brink word haar baas, ’n man wat vroue vir brekfis opeet. En Esté moet net keer. Sy vlam mag haar nie ook skroei nie.
Meer inligting
Publish Date 20 Mei 2018
Format EPUB
Skrywer Dina Botha
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Dina Botha