Pleisters vir die dooies (EBOEK)

R162,00
Pleister vir die dooies (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799363074
Format: EPUB
Publish date: 2014-06-20
Links
Hierdie is ’n aand vir laastes. ’n Aand om jou kopie van The Catcher in the Rye in jou rugsak te druk en afskeid te neem van die huis waar jou pa elke aand te diep in sy whiskeyglas kyk, aan sy weermagdae terugdink, en jou en jou broer verskree en opfoeter. ’n Aand om die lysie uit te haal met die name van almal by die skool wat jou altyd irriteer en dink jy’s ’n freak en ’n weirdo. ’n Aand om hulde te bring aan die kultusflieks en kultusfigure wat jou ’n stem gee wanneer jy sukkel om jou eie stem te vind. ’n Aand om die swart strate van die stad met sy grafsteenkoue sypaadjies binne te vaar; kennis te maak met die narre, skimme, gargoyles en hulpeloses wat snags saam met die rotte uit hul gate kruip. ’n Aand om die donker ding binne-in jou beter te leer ken, te voel hoe hy sy vlerke uitstrek en sy vuiste bal. Hierdie is die laaste aand. Môre gaan ek ’n gun saamvat skool toe. In hierdie jeugboek takel Fanie Viljoen een van die moeilikste en uitdagendste onderwerpe waaroor daar nog ooit in Afrikaans geskryf is. In een hellenag konfronteer die swerwende, naamlose hoofkarakter sy duiwels kaalvuis; ontmoet hy vreemde en skrikwekkende karakters wat sy innerlike demone laat lewe kry; vertroetel hy sy wraakgedagtes soos ’n magasyn vol koeëls; lek hy die wonde van sy tienerseerkry. Hierdie is ’n nie ’n boek vir sensitiewe lesers nie. Dis ’n boek wat tieners én hul ouers moet lees. Dis ’n boek oor seerkry en wraak. En tog is dit ’n boek wat onverwags troos en begrip, soos pleisters, uitdeel. Dis ’n vuishou van ’n boek.
Meer inligting
Publish Date 20 Jun. 2014
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Fanie Viljoen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Fanie Viljoen