Groot tree: Kan jy asseblief sê?

R170,00
Groot tree: Kan jy asseblief sê?
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799391800
Format: Sagteband
Publish date: 2019-02-27

Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op ‘n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met ‘n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is. Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks: Ek wil nie slaap nie Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees ‘n storie en sing ‘n liedjie! Klaar met doeke Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle. Ek gaan kleuterskool toe Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai – maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oe kan uitvee is Pappa al terug. Ons kry ‘n baba Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie! Ons gaan dokter toe Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen ‘n inspuiting kry! Kan jy asseblief sê? Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.

Meer inligting
Publish Date 27 Feb. 2019
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening