Profesie-Bybel (EBOEK)

R298,00
In voorraad
ISBN
9780637003193
Format: EPUB
Publish date: 2022-11-29
Links
Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans! Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is. Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22). God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.
Meer inligting
Publish Date 29 Nov. 2022
Format EPUB
Skrywer Verskeie
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Verskeie