Wêreld van Wolwe 2: Tweede Asem

R220,00
Wêreld van Wolwe 2: Tweede Asem
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639608099
Format: Sagteband
Publish date: 2021-01-08
“Dis weird om te weet jy is 'n weerwolf. Maar dis ook cool.”
Joshua Reinders se lewe het 'n wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is 'n weerwolf.
Maar dit bring ook 'n nuwe probleem: Sy pa mag glad daarvan uitvind nie, want
hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun.
Joshua moet nou leer hoe om die weerwolf-transformasie, sy TWEEDE ASEM,
te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in 'n weerwolf verander
nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie. Soos Gio, sy
vorige pel, wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip. En die vreemdeling
met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag.
Bo dit alles pla 'n groter vraag vir Joshua: HOEKOM IS HY 'N WEERWOLF?
Die antwoord lê diep in die Droomwoud.
En Joshua moet dit daar gaan kry.

Lees die uittreksel
Meer inligting
Publish Date 08 Jan. 2021
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Fanie Viljoen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Fanie Viljoen