Doodsake op Karibib

R320,00
Doodsake op Karibib is die tweede boek in Isa Konrad se Karibib-reeks. Dit volg op Moord op Karibib (2016).
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776352593
Format: Sagteband
Publish date: 2022-07-20
ALET EN INSPEKTEUR CON DORFLING HET MEKAAR OP KARIBIB IN NAMIBIË ONTMOET, waar Alet haar net tydelik sou bevind nadat haar huwelik lelik skeefgeloop het. Toe is sy daar weg. Wat Con so ontstel en verheug, is dat sy nou terug is. Maar dit val saam met ’n moord, of vermoedelik ’n moord. Want al wat op moord dui, is die lyk wat in ’n vlak graf in die Von Bülow-woning se tuin ontdek word. Die lyk of wat daarvan oor is, lê al vyf en twintig jaar daar – ’n doodloopsaak, of só het dit gelyk. Die Von Bülow-susters is egter oornag uit Karibib weg en Con sit met sy hande in sy hare. Nie net oor die lyk nie, maar veral oor Alet. Wil sy hom hê en hy vir haar, of nie? Gaan sy nou ontslae raak van die man met wie sy nog net in naam getroud is of nie? Toe gaan Alet sowaar weer weg. Sal sy terugkom – wanneer alles verby is? Doodsake op Karibib is die tweede boek in Isa Konrad se Karibib-reeks. Dit volg op Moord op Karibib (2016).
Meer inligting
Publish Date 20 Jul. 2022
Format Sagteband
Skrywer Isa-Lotte Konrad
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Isa-Lotte Konrad