Die Verlore eiland en ander stories

R200,00
Die Verlore eiland en ander stories
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799391312
Format: Sagteband
Publish date: 2019-01-01

Ou gunstelinge kry 'n nuwe baadjie! Drie van Janie Oosthuysen se immer gewilde Kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus. * Daar is vlooie in my bed Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uit ruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon ... * Die verlore eiland Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reels by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die geheimsinnige Ogopogo? * Die towerpotlood Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan 'n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur 'n vreemde ding op pad skool toe – Ronnie kry 'n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?

Meer inligting
Publish Date 01 Jan. 2019
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Janie Oosthuysen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Janie Oosthuysen