Bepalings en voorwaardes vir LUCA Kompetisie: Dagstukkieboeke

  1. Hierdie promosiekompetisie (“Kompetisie”) word deur Penguin Random House Suid-Afrika (Eiendom) Ltd, registrasienommer 1953/00441/07 (“Promotor”), aangebied.
  2. Hierdie aanbod mag nie saam met enige ander aanbod van die Promotor gebruik word nie.
  3. Die kompetisie begin 2 April 2024 en eindig 30 April 2024. Alle inskrywings moet teen 23:59 (SAST) op 30 April 2024, ontvang word. Die Promotor aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige inskrywings wat vir een of ander rede onvolledig, onleesbaar, gekorrupteer of laat is nie. Inskrywings word die eiendom van die Promotor en word nie teruggestuur nie.
  4. Die kompetisie is oop vir alle persone van 18 (agttien) jaar en ouer, woonagtig in Suid-Afrika, buiten die Promotor se direkteure, vennote, werknemers, agente, konsultante en hul onmiddellike families.
  5. Deelname deur alle deelnemers (“Deelnemers”) behels die aanvaarding van hierdie reëls.
  6. Geen Deelnemer mag meer as 1 (een) prys per prystrekking wen nie.
  7. Die prys is ‘n kopie van Awaiting the Harvest deur Elize Parker, Conquer Your Mountains deur Mandla Moyo, In die teenwoordigheid van die Allerhoogste deur Stephan Joubert, Rigtingwysers vir jou lewenspad deur Piet Smit, Kom saam deur Sonja Goldberg, Olie vir jou lamp deur Emsie Martin en Soeter as heuning deur Jan Vermeulen. ‘n Totaal van 1 (een) prys word toegeken.
  8. Om deel te neem, moet Deelnemers die aanlyn kompetisievorm invul voor die sluitingsdatum. Geen aankope is nodig om by die prystrekking in te skryf nie. Deelname aan die prystrekking is gratis. Slegs 1 (een) inskrywing per persoon word toegelaat.
  9. Indien enige van die bogenoemde pryse nie meer beskikbaar is nie, kan die Promotor eie diskresie gebruik om ‘n ander prys van soortgelyke waarde toe te ken.
  10. Alle korrek, voltooide inskrywings word vir die prystrekking ingeskryf. Die eerste (1) inskrywing wat getrek word, sal as die wenner aangekondig word. Die naam van die wenner(s) sal binne 30 (dertig) werksdae, vanaf die sluitingsdatum, op die Promotor se sosiale media-platforms (Facebook, Twitter en of Instagram) aangekondig word. Die wenner sal binne 30 (dertig) werksdae, vanaf die sluitingsdatum, per e-pos in kennis gestel word.
  11. Hierdie reëls kan enige tyd gedurende die kompetisie deur ‘n kennisgewing gewysig word.
  12. Die prys is uitsluitlik vir die pryswenner en is nie oordraagbaar of omruilbaar nie, en kan nie vir die kontantwaarde daarvan geruil word nie.
  13. Die wenner moet sy/haar prys binne 30 (dertig) dae nadat hy/sy die prys gewen het, opeis. Indien die prys na hierdie tyd nie opgeëis word nie, sal dit verval en behou die Promotor die reg voor om die prys, wat nie opgeëis is nie, aan te bied vir die naaswenner, wat volgens hierdie reëls gekies is. Die prys sal binne 30 (dertig) werksdae by die fisiese adres van die wenner afgelewer word nadat die wenner sy/haar fisiese afleweringsadres aan ons verskaf het. As enige pryswenner se kontakbesonderhede nie meer geldig is nie, sal hy/sy die prys verbeur.
  14. Die pryswenner moet ‘n geldige bewys van identifikasie voorsien wanneer die prys opgeëis word.
  15. Die Promotor mag media-aankondigings maak, en die name en foto’s van enige pryswenner(s) publiseer, op voorwaarde dat enige pryswenner(s) uitdruklik kan weier.
  16. Die Promotor behou die reg voor om oudits, ten opsigte van enige pryswenner(s), uit te voer om te verifieer dat hulle in aanmerking mag kom om sodanige prys(e) te mag wen.
  17. Alle deelnemers en pryswenners vrywaar hiermee die Promotor en sy agente teen enige / alle eise vir enige besering, verlies of skadevergoeding, hetsy direk, indirek, gevolglik of andersins, wat voortspruit uit enige oorsaak hoegenaamd uit hul deelname op die een of ander manier aan hierdie kompetisie.
  18. Hierdie reëls is ook beskikbaar op www.lapa.co.za.
  19. Om inligting oor die wenners en naaswenners te kry, stuur 'n e-pos na lapa@lapa.co.za met die naam van die prystrekking in die opskrif van die e-pos binne 4 (vier) weke na die sluitingsdatum.
  20. Die Promotor sal enige data wat deur die deelnemers verskaf word, slegs gebruik vir die doeleindes van die prystrekking, tensy anders vermeld in die inskrywingsbesonderhede. Deur deel te neem aan hierdie prystrekking, gee alle deelnemers hul toestemming dat hul persoonlike data gebruik kan word deur die Promotor vir administratiewe doeleindes van hierdie prystrekking en enige ander doeleindes waartoe die deelnemers toegestem het.
  21. Hierdie bepalings en voorwaardes word beheer deur die wette van die Republiek van Suid-Afrika.