Oefenvraestelle: Ink en ander verhale

R130,00
FET Ink en ander verhale
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639601427
Format: Sagteband
Publish date: 2015-11-01

Ontdek 'n wonderwêreld van stories en stemme!

Die 25 verhale in hierdie opwindende bloemlesing is spesiaal uitgesoek om tot moderne jongmense se leef-, taal- en ervaringswêreld te spreek. Daar is romantiese stories, liegstories en lagstories, stories wat jou sal laat naels kou, en ernstiger verhale om jou uit te daag en jou te laat nadink.

Hierdie lekkerleesbundel bevat verhale deur van die bekendste en mees bekroonde Afrikaanse skrywers asook 'n handvol opwindende nuwe stemme, insluitend: Johan Bakkes, Chris Barnard, Willemien Brümmer, Christo Davids, E.K.M. Dido, Carina Diedericks, Nelia Engelbrecht, Willem Fransman, Maya Fowler, J.M. Gilfillan, Erns Grundling, P.J. Haasbroek, Jaco Jacobs, Elsa Joubert, Wendy Maartens, Elias P. Nel, Modikwagae Joseph Pholo, Riana Scheepers, Solet Scheeres, Braam van der Vyer, Jan van Tonder, Paul C. Venter, Fanie Viljoen en George Weideman.

Nasionaal voorgeskryf vir Afrikaans EAT Graad 10 (Kortverhaalbundel)
Bevat agtergrondinligting oor elke skrywer, asook 'n inleiding by elke verhaal.
Pre- en postlees-aktiwiteite en -vrae
Volledig uitgewerkte antwoorde
'n Woordelys met literêre terme
'n Woordelys met eksamenterme

Meer inligting
Publish Date 01 Nov. 2015
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Ronel Gouws
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening