Quinn (RomanzaStoom)

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779870315
Format: Sagteband
Publish date: 2024-05-01
“Dis die prentjie wat ek saam met my wil neem,” sê hy en maak haar bra los. Hy trek die bandjies stadig van haar arms af en laat val dit op die grond. “Net so,” prewel hy voor hy weer afbuk en haar soen. En dadelik verhit passie weer haar bloedstroom en vergeet sy van al die redes hoekom sy hom eerder moet wegstuur. “Bliksem, Ella,” hyg hy en lig sy kop, sy oë desperaat. “Jy laat my van alles vergeet.” “Ek . . .” Sy sluk. “Ek is nie baie goed hiermee nie. Ek het nog maar een keer en . . . wel, ek het gedink ek is ’n koue vrou.” Sy oë word donker. “Koue vrou? Dis nie waar nie.” “Ek wou nog nooit regtig by iemand wees nie, maar nou . . .” Sy besef sy praat hopeloos te veel en byt haar lip vas. ’n Spiertjie spring in sy wang en sy oë word middernagswart. “Het jy enige idee wat jou woorde aan my doen?” Sy stem is hees, die hand waarmee hy haar nader trek, rukkerig. Die Skot Quinn Sutherland het Ella du Toit se hart ses maande gelede gebreek toe hy bloot opgehou het om op haar teksboodskappe te antwoord. Sy kies koers Londen toe waar sy as beleggingsontleder gaan werk. Dan bars ’n skietery los by die restaurant waar sy een aand kuier en Quinn is die een wat met haar hospitaal toe jaag. Hulle besef die vonk tussen hulle is nog lank nie uitgebrand nie. Quinn is egter nie van plan om gou te trou nie en Ella is lugtig vir hom nadat hy haar so seergemaak het. Dan stel sy ’n kortstondige romanse van drie weke tussen hulle voor. Dit behoort genoeg te wees om hulle vir goed uit mekaar se gestel te kry, of hoe?
Meer inligting
Publish Date 01 Mei 2024
Format Sagteband
Skrywer Elsa Winckler
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Elsa Winckler