Hart van Papier

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776358847
Format: Sagteband
Publish date: 2023-03-01

Tien jaar gelede in 'n kroeg in New York, het twee jong mans 'n muntstuk gegooi om tussen twee meisies te besluit. John het die stert en die brunette gekry, terwyl sy beste vriend die pragtige blondine, Kate, gewen het. Maar dit was Kate wat John se hart gesteel het, ten spyte daarvan dat sy met sy vriend getrou het. Na haar mislukte huwelik, koop Kate die tweedehandse boekwinkel op 'n klein dorpie in die hoop om New York se stof finaal van haar voete af te skud. Dit vat egter een kersfees terug in die groot stad om dinge weer omver te gooi en ʼn spul ongewensde emosies oop te krap. John besluit om 'n einde aan jare se marteling te maak deur Kate op Ridgeway te gaan sien. Wat hy egter nie besef toe hy vir die eerste keer by Next Chapter instap nie, is dat dit net die begin van die volgende hoofstuk is en dat die liefde nie voorgesê kan word nie.

Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2023
Format Sagteband
Skrywer Didi Potgieter
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Ander produkte waarvan jy sal hou
Meer Deur Didi Potgieter