SOBER: 'n Praktiese gids na vryheid van verslawing

R250,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776358182
Format: Sagteband
Publish date: 2023-04-01

Menige individue en gesinne worstel onder die swaar juk van verslawing wat verwoesting saai. Met Sober: ’n Praktiese gids na vryheid van verslawing bied professor Willie Pienaar hoop vir almal wat in die strik van verslawing vasgevang is. Verslawing is ’n breinversteuring wat die verslaafde kompulsief afhanklik maak van nadelige, maar lonende stimuli. Tog is daar hoop op bevryding. Hierdie boek fokus op alkoholmisbruik en verskillende tipes verslawing word ook bespreek. Die skrywer lei die leser met behulp van feite en motivering tot herkenning, en uiteindelike erkenning op die pad na soberheid en oorwinning. Pienaar is ’n psigiater en terapeut wat vir meer as dertig jaar in die veld van verslawing werk. Sy kennis, ervaring en innige empatie maak van hom ’n onbetwisbare kenner op hierdie gebied. Willie tree in eerlike gesprekke met die leser om die stigma en mites van afhanklikheid te besweer en die ware feite omtrent afhanklikheid te verduidelik.

 

Meer inligting
Publish Date 01 Apr. 2023
Format Sagteband
Skrywer Willie Pienaar
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening