In die teenwoordigheid van die Allerhoogste (EBOEK)

R238,00
In die teenwoordigheid van die Allerhoogste (EBOEK) deur Stephan Joubert
In voorraad
ISBN
9781776353903
Format: EPUB
Publish date: 2021-11-01
Links
Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg! Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram. Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.
Meer inligting
Publish Date 01 Nov. 2021
Format EPUB
Skrywer Stephan Joubert
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Stephan Joubert