Aurora (EBOEK)

R246,50
In voorraad
ISBN
9781776351527
Format: EPUB
Publish date: 2023-01-01
Links
Dawid Uys, ’n jong dominee op die platteland word gekonfronteer met vrae oor sy oorsprong en ook sy geloof wanneer daar skielik geleenthede en uitdagings oor sy pad kom. Hy kom ook te staan voor moeilike keuses wanneer hy ’n onverwagse oproep van ’n prokureur kry en hoor dat hy Oom Boela se plaas, Aurora, geërf het. Dawid het Oom Boela skaars geken en nou kom die plaas nog met ‘n klomp bepalings en voorwaardes. Die plaas en die kerk sorg vir eindelose struikelblokke en dan is daar nog Dawid se liefdeslewe ook. Hy moet konfrontasies op die kerkraad en moeilike plaaswerkers hanteer en intussen raak hy verlief op die buurman se dogter. Daar is ook ’n nuwe intrekker op die dorp, ’n beeldskone enkelma met ’n misterieuse verlede. Aurora neem vir Dawid en die leser op ’n geestelike reis soos min en die uiteinde van die verhaal is amper so onvoorspelbaar soos die lewe self.
Meer inligting
Publish Date 01 Jan. 2023
Format EPUB
Skrywer Tertius Janse van Rensburg
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Tertius Janse van Rensburg