Leer my ken (RomanzaStoom)

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779870049
Format: Sagteband
Publish date: 2024-03-01
“As ek reg onthou, het jy ’n fantasie,” praat hy baie sag terwyl sy oë hare deurboor. Sy trek haar asem rukkerig in. Met net een doelgerigte tree stap hy uit in die reën tot reg teen haar. Hy raak nie aan haar nie, maar kyk net stip af in haar oë. Asof hy wag dat sy die eerste stap moet neem terwyl die reën om hulle val. “Bliksem, maar jy’s mooi,” fluister hy voor sy arms om haar vou en sy lippe hard op hare neerkom in ’n onbeheersde soen. Die aanraking is soos ’n weerligstraal wat in haar oopbreek en sy lig haar ken om hom beter toegang tot haar mond te gee. Die beweging vang hom onkant, want Marina vermoed dat Riaan verwag het dat sy hom sou stop. Die opgekropte emosie wat hy egter in haar veroorsaak, bars skielik deur haar goed verskuilde skanse en sy lig haar op haar tone om hom met ywer terug te soen. Marina wil so graag ’n sorgelose jeug hê, maar geld – of eerder die gebrek daaraan – staan in haar pad. Dan stap haar buurvrou se broer by haar lewe in… Riaan is ’n musikant en ’n groot geleentheid wag vir hom in Amerika. Hy weet dus ’n langtermynverhouding met Marina is buite die kwessie. Maar hy gebruik die kans om haar anders te laat kyk na álles in die lewe. In die proses stamp hulle koppe, maar vind mekaar ook onweerstaanbaar. Intussen kruip die datum nader wanneer Riaan na Amerika moet terugkeer. Gaan hy sy groot droom vir Marina laat vaar? Of gaan Marina instem tot ’n onkonvensionele reëling?
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2024
Format Sagteband
Skrywer Louise van der Merwe
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Louise van der Merwe