Openbare Biblioteke

Kontak die volgende persone vir inligting oor onderstaande en boeke vir openbare biblioteke:
Marieta Nel – mnel@penguinrandomhouse.co.za (0845111931)
Hannes Barnard – hbarnard@penguinrandomhouse.co.za
Kathie Viljoen – kviljoen@penguinrandomhouse.co.za

’n Skrywer of Babalela by jou biblioteek
Wil jy een van LAPA se gewilde skrywers of Babalela bespreek om by jou biblioteek te kom optree? Stuur dan ’n e-pos om navraag te doen. Indien die skrywer of Babalela beskikbaar is, besoek hy jou biblioteek op LAPA se koste.

Ons skrywers beywer hulle daarvoor om ’n liefde vir lees en stories te bevorder. Biblioteekgebruikers maak kennis met van die nuutste boeke in Afrikaans, vind meer uit oor die opwindende lewe van ’n skrywer, hoe die skryfproses werk en natuurlik oor die fantastiese stories wat tussen die blaaie van ’n boek skuil! 

Babalela is een van die gewildste kinderboekkarakters in Afrikaans en kan gratis gehuur word om ’n biblioteekoggend vir die kleintjies interessant te maak.

Inligting oor ons produkte
Ons kundige personeel besoek jou graag om ons nuutste boeke te kom wys, ons Handels- en Skolekatalogusse te kom afgee of vrae oor ons produkte te antwoord.