LAPA Nie-fiksie Manuskripvoorleggings

NIEFIKSIE

  1. Stuur jou manuskrip vir ons in die volgende formaat:
  • Getik op wit A4-papier
  • Dubbelspasiëring
  • In ’n maklik leesbare lettertipe (12 pt Times New Roman)
  • Slegs aan een kant gedruk
  • Breë kantruimtes (margins) om aantekeninge te maak (2 cm is voldoende)
  • Manuskripte moet nie gebind wees nie.
  • Onthou om bladsye te nommer
  • Geen handgeskrewe manuskripte sal aanvaar word nie
  1. Manuskripte moet verkieslik so volledig as moontlik voorgelê word, of ten minste drie volledige hoofstukke.
  2. Sluit asseblief ’n dekbrief by jou manuskrip in met die volgende inligting:
    • Kontakbesonderhede en ’n kort biografie
    • Voorgestelde titel van jou manuskrip
    • ’n Sinopsis (opsomming) wat insluit die konsep / storie, die gehoor vir wie die boek geskryf is en hoe die boek van boeke in dieselfde subgenre (wat reeds in die mark is) ooreenkom of verskil.
  3. Omdat LAPA baie manuskripte ontvang, kan dit tot ses maande neem om ’n keuring af te handel en oor publikasie te besluit.
  4. Uitgewers is onder geen verpligting om kommentaar op ’n manuskrip te lewer of redes vir die afkeuring daarvan te verstrek nie.
  5. Skrywers moet asseblief nie ’n manuskrip aan ’n ander uitgewery voorlê terwyl dit by LAPA onder oorweging is nie.
  6. Neem kennis dat LAPA nie manuskripte terugpos aan skrywers nie.
  7. Skrywers hoef nie finale foto’s of illustrasies te voorsien nie. Die uitgewery sal self ’n fotograaf of illustreerder aanwys en vergoed indien ’n manuskrip vir publikasie aanvaar word. Indien illustrasies of foto's deel van die manuskrip vorm, moet afdrukke of grafiese voorbeelde daarvan saam met die manuskrip voorsien word.
  8. LAPA aanvaar geen aanspreeklikheid vir materiaal of artikels wat verlore gaan nie. Dit is dus raadsaam om nooit oorspronklike grafiese materiaal of artikels by ’n voorlegging in te sluit nie.

ALGEMENE NIEFIKSIE

  1. Manuskripte moet ’n woordtelling van 70 000 – 80 000 woorde hê.
  2. ’n Beskrywing van die subgenre (biografie, esoteries, populêre sielkunde, ware misdaad, wetenskaplik, ens.) moet ingesluit word, sowel as ’n opsomming van soortgelyke boeke wat beskikbaar is. Verduidelik ook hoe jou boek met hierdie boeke ooreenkom of verskil.
  3. Stuur jou manuskrip aan niefiksie@lapa.co.za
  4. Indien jy nie jou manuskrip kan epos nie kan jy dit pos aan: Posbus 123, Pretoria, 0001 of koerier dit na Growthpoint Business Park, Tonettistraat 162, Halfweghuis x7, Midrand, 1685.
  5. LAPA sal ontvangs van jou manuskrip erken.
  6. Omdat LAPA baie manuskripte ontvang, kan dit tot ses maande neem om ’n keuring af te handel en oor publikasie te besluit.
  7. Uitgewers is onder geen verpligting om kommentaar op ’n manuskrip te lewer of redes vir die afkeuring daarvan te verstrek nie.
  8. Skrywers moet asseblief nie ’n manuskrip aan ’n ander uitgewery voorlê terwyl dit by LAPA onder oorweging is nie.
  9. Neem kennis dat LAPA nie manuskripte terugpos aan skrywers nie.
  10. Skrywers hoef nie finale foto’s of illustrasies te voorsien nie. Die uitgewery sal self ’n fotograaf of illustreerder aanwys en vergoed indien ’n manuskrip vir publikasie aanvaar word. Indien illustrasies of foto's deel van die manuskrip vorm, moet afdrukke of grafiese voorbeelde daarvan saam met die manuskrip voorsien word.
  11. LAPA aanvaar geen aanspreeklikheid vir materiaal of artikels wat verlore gaan nie. Dit is dus raadsaam om nooit oorspronklike grafiese materiaal of artikels by ’n voorlegging in te sluit nie.