LAPA en WENKBROU Manuskripvoorleggings

Goeie stories is die voorvereiste vir LAPA se fiksie afdeling, met die fokus grotendeels op genre fiksie. Dit sluit in spanning en misdaad, liefdesverhale, vrouefiksie, historiese fiksie en algemene fiksie. Verder is daar ook LAPA se druknaam WENKBROU, wat spesifiek fokus op boeke wat nie gemaklik binne die gewone kategorieë pas nie. WENKBROU-boeke is aweregs, uitdagend en vernuwend. 


Om ’n manuskrip aan ons uitgewerspan voor te lê, word die volgende verlang:

  • Die volledige manuskrip moet as ’n Microsoft Word dokument ingedien word. 
  • ’n Sinopsis van die storie van ongeveer 100 – 300 woorde moet ook ingedien word, tesame met ’n kort biografie van die skrywer. 
  • Manuskripte moet ongeveer 60,000 woorde en langer wees.
  • Manuskripte moet getik wees, in ’n maklik leesbare lettertipe, met dubbelspasiëring.
  • Bladsye moet genommer wees. 

LAPA se fiksie afdeling keur nie die volgende tipe tekste nie:

  • Kortverhale
  • Poësie
  • Christelike fiksie (sien die LUCA druknaam vir hierdie tipe voorleggings)
  • Opvoedkundige- of akademiese tekste
  • Nie-fiksie (sien die Nie-fiksie afdeling)
  • Draaiboeke vir radio, televisie of film
  • Boeke wat reeds voorheen self gepubliseer is
  • Handgeskrewe manuskripte

Ons verkies dat alle manuskripte deur hierdie aanlynproses ingedien word. Waar dit nie moontlik is nie, aanvaar ons wel harde kopieë wat aan die bogenoemde vereistes voldoen. Let op dat ons nie harde kopieë kan terugbesorg nie, so moenie die oorspronklike weergawe vir ons stuur nie. Harde kopieë moet duidelik gemerk word “Vir aandag: Fiksie” en kan gekoerier word aan: 


Eenheid 12A (ii)
Growthpoint Business Park
Tonettistraat 162
Halfweghuis Ext 7
Midrand
1685


Let op:

Ons versoek skrywers vriendelik om nie ’n manuskrip aan ’n ander uitgewery voor te lê terwyl dit by LAPA onder oorweging is nie.

LAPA ontvang baie manuskripte en keuring kan tot ses maande duur. Jy sal ’n e-pos ontvang waarin ons ontvangs van jou manuskrip erken.

Uitgewers is onder geen verpligting om kommentaar op ’n manuskrip te lewer of redes vir die afkeuring daarvan te verstrek nie.

Enige navrae kan gestuur word aan: fiksie@penguinrandomhouse.co.za