Koekboeke en Handwerkboeke Manuskripvoorleggings

KOOKBOEKE

  1. 'n Voorwoord waarin die konsep verduidelik word, hoe daar op die versameling resepte besluit is asook die gehoor vir wie hierdie boek geskryf is.
  2. Die manuskrip moet ’n volledige reseptelys (ten minste 80 resepte) insluit, opgedeel in kategorieë soos deur die skrywer gesien.
  3. Ten minste die helfte van die reseptelys moet volledige resepte insluit.
  4. Elke resep se bestanddele moet afsonderlik van die metode gelys word.
  5. Beide metrieke (g/ml) en koppie- en lepelmates moet waar van toepassing gegee word.
  6. Stuur jou manuskrip aan leefstyl@lapa.co.za
  7. Indien jy nie jou manuskrip kan epos nie kan jy dit pos aan: Posbus 123, Pretoria, 0001 of koerier dit na Growthpoint Business Park, Tonettistraat 162, Halfweghuis x7, Midrand, 1685.
  8. LAPA sal ontvangs van jou manuskrip erken.
  9. Omdat LAPA baie manuskripte ontvang, kan dit tot ses maande neem om ’n keuring af te handel en oor publikasie te besluit.
  10. Uitgewers is onder geen verpligting om kommentaar op ’n manuskrip te lewer of redes vir die afkeuring daarvan te verstrek nie.
  11. Skrywers moet asseblief nie ’n manuskrip aan ’n ander uitgewery voorlê terwyl dit by LAPA onder oorweging is nie.
  12. Neem kennis dat LAPA nie manuskripte terugpos aan skrywers nie.
  13. Skrywers hoef nie finale foto’s of illustrasies te voorsien nie. Die uitgewery sal self ’n fotograaf of illustreerder aanwys en vergoed indien ’n manuskrip vir publikasie aanvaar word. Indien illustrasies of foto's deel van die manuskrip vorm, moet afdrukke of grafiese voorbeelde daarvan saam met die manuskrip voorsien word.
  14. LAPA aanvaar geen aanspreeklikheid vir materiaal of artikels wat verlore gaan nie. Dit is dus raadsaam om nooit oorspronklike grafiese materiaal of artikels by ’n voorlegging in te sluit nie.

HANDWERKBOEKE

  1. ’n Volledige inhoudsopgawe van die beoogde items moet voorsien word.
  2. Foto’s en beskrywings van ten minste vyf finale projekte, verteenwoordigend van verskillende afdelings in die boek, moet ingesluit word.
  3. Die uitgewer kan nie verantwoordelik gehou word vir enige kostes aangegaan in die maak van die artikels vir voorlegging nie.
  4. Stuur jou manuskrip aan leefstyl@lapa.co.za
  5. Indien jy nie jou manuskrip kan epos nie kan jy dit pos aan: Posbus 123, Pretoria, 0001 of koerier dit na Growthpoint Business Park, Tonettistraat 162, Halfweghuis x7, Midrand, 1685.
  6. LAPA sal ontvangs van jou manuskrip erken.
  7. Omdat LAPA baie manuskripte ontvang, kan dit tot ses maande neem om ’n keuring af te handel en oor publikasie te besluit.
  8. Uitgewers is onder geen verpligting om kommentaar op ’n manuskrip te lewer of redes vir die afkeuring daarvan te verstrek nie.
  9. Skrywers moet asseblief nie ’n manuskrip aan ’n ander uitgewery voorlê terwyl dit by LAPA onder oorweging is nie.
  10. Neem kennis dat LAPA nie manuskripte terugpos aan skrywers nie.
  11. Skrywers hoef nie finale foto’s of illustrasies te voorsien nie. Die uitgewery sal self ’n fotograaf of illustreerder aanwys en vergoed indien ’n manuskrip vir publikasie aanvaar word. Indien illustrasies of foto's deel van die manuskrip vorm, moet afdrukke of grafiese voorbeelde daarvan saam met die manuskrip voorsien word.

  12. LAPA aanvaar geen aanspreeklikheid vir materiaal of artikels wat verlore gaan nie. Dit is dus raadsaam om nooit oorspronklike grafiese materiaal of artikels by ’n voorlegging in te sluit nie.