BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Aanvaarding van bepalings en voorwaardes
    1. Die webtuiste www.lapa.co.za (hierna “die webtuiste” genoem) word beskikbaar gestel deur LAPA Uitgewers, ’n divisie van Penguin Random House South Africa (Edms) Bpk (hierna “LAPA” genoem).
    2. Die bepalings en voorwaardes wat hieronder uiteengesit word, insluitend enige addisionele dokument wat by wyse van verwysing geïnkorporeer word (hierna “die bepalings en voorwaardes” genoem), is van toepassing op enige persoon wat die webtuiste gebruik, dit besoek, daarna verwys, of dit besigtig (hierna “die besoeker” genoem).
    3. Die bepalings en voorwaardes reguleer die terme en voorwaardes waaronder enige besoeker die webtuiste besoek en/of gebruik (hierna “gebruik” genoem) en die inligting, inhoud, produkte of dienste beskikbaar op die webtuiste (hierna “die inhoud” genoem) behoort aan die eienaar, sy filiale, sy sekondêre maatskappye, sy beheermaatskappye, vennote, derdeparty-verskaffers of enige ander party.
  2. LAPA se inligting
    1. Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 bepaal dat wanneer goedere of dienste gelewer word deur sekere elektroniese transaksies, die verkoper van hierdie goedere sekere inligting rondom homself aan sy kliënte bekend moet maak op die webtuiste waar die goedere aangebied word.
    2. LAPA Uitgewers, ’n divisie van Penguin Random House South Africa (Edms) Bpk (in die volledige dokument word slegs verwys na LAPA) se inligting is as volg:
      1. Volle name en status: LAPA Uitgewers ’n divisie van Penguin Random House South Africa (Edms) Bpk, ’n privaat maatskappy met registrasienommer 1953/000441/07. LAPA is ’n uitgewery wat boeke hoofsaaklik in Afrikaans publiseer. LAPA is ook ’n boekhandelaar en -verspreider.
      2. LAPA Uitgewers is ’n geregistreerde lid van SABA (South African Booksellers Association) en PASA (Publishers Association of South Africa).
      3. Die fisiese adres en die adres vir ondertekening van dokumente is: Eenheid 12A (ii), Growthpoint Business Park, Tonettistraat 162, Halfweghuis Uitbreiding 7, Midrand, Gauteng, 1685;
      4. Telefoonnommer:     012 401 0700
      5. Webtuiste: www.lapa.co.za
      6. E-posadres: lapa@lapa.co.za
  3. Die transaksie tussen jou en LAPA
    1. Verpligtinge van jou as verbruiker:
      1. Jy as verbruiker bevestig dat jy ouer as 18 jaar is en ’n natuurlike persoon is met handelsbevoegdheid.
      2. Jy bevestig hiermee dat jy ’n verpligting het om LAPA te voorsien van akkurate en korrekte persoonlike inligting. Jy bevestig verder dat jy LAPA tydig in kennis sal stel van enige wysiging in jou persoonlike besonderhede, spesifiek jou kontakbesonderhede en versendingsadres.
      3. Jy as verbruiker onderneem om die webtuiste alleenlik te gebruik vir die doel waarvoor dit bedoel en geskik is, en aangewend word. Verder onderneem jy om geen inbreuk te maak op die integriteit van die webtuiste, of enige inligting of produkte wat daarop vertoon word nie.
      4. Jy aanvaar dat LAPA daarop geregtig is om enige redelike stappe te doen om moontlike bedrog te verhoed, insluitend die deaktivering van enige skakels of e-boeke.
    2. Bestellings en aankope op LAPA se webtuiste
      1. ’n Transaksie is slegs finaal nadat die bestelling aanlyn geplaas is, die proses vir aankope gevolg is en die betaling vir al die items deur LAPA ontvang is.
      2. Boeke wat dus in jou “inkopiemandjie” of op jou “wenslys” geplaas word, maar nog nie betaal is nie, sal nie as ’n finale transaksie beskou word nie.
      3. LAPA kan van tyd tot tyd items wat in jou “wenslys” verskyn, verwyder indien voorraad van die item nie meer beskikbaar is nie.
    3. Kanselleer jou bestelling
      1. Jy kan enige tyd voordat die volledige transaksie uitgevoer is die transaksie kanselleer.
      2. Sodra die volledige bedrag verskuldig aan LAPA betaal is, is die transaksie finaal en kan die aankope nie gekanselleer word via die webtuiste nie.
      3. Indien jy egter wel die transaksie sou wou kanselleer, moet jy ’n skrywe rig aan webbestellings@lapa.co.za binne 24 uur nadat die aankoop voltooi is, maar voordat die goedere versend is. In so ’n geval sal die transaksie gekanselleer word met geen koste vir jou nie, en die bedrag reeds betaal, sal aan jou terugbetaal word. E-boek en ander digitale produkte kan weens die aard van die produkte, nie teruggestuur word nie. Dus kan e-boek en ander digitale produkte se transaksies nie gekanselleer word nie.
      4. Jy is ook daarop geregtig om die transaksie te kanselleer sonder rede binne 7 dae nadat die goedere wat aangekoop is, ontvang is. In so geval moet jy ’n skrywe rig aan webbestellings@lapa.co.za binne die vermelde tydperk ten einde die transaksie te kanselleer. In so ’n geval sal die koste van die goedere aan jou terugbetaal word, maar jy sal verantwoordelik wees vir die koste om die goedere aan LAPA terug te stuur. E-boek en ander digitale produkte kan weens die aard van die produk, nie teruggestuur word nie. Dus kan e-boek en ander digitale produkte se transaksies nie gekanselleer word nie.
      5. ’n Transaksie mag ook deur jou gekanselleer word indien die goedere wat bestel is nie binne die raamwerk vir aflewering geskied het nie. Sien ook die volledige terugsendings- en terugbetalingsbeleid en die gedeelte met betrekking tot Versendingskostes en Aflewering hier onder.
      6. LAPA behou die reg voor om ter eniger tyd ’n transaksie ten volle of gedeeltelik te kanselleer in die geval waar bedrog vermoed word of waar die volledige bedrag vir die transaksie nie aanvaar is nie.
      7. LAPA sal slegs verantwoordelik wees vir die terugbetaling van gelde reeds ontvang en aanvaar geen ander aanspreeklikheid wat mag voorspruit uit die verwerpingsproses van so ’n bestelling of aankope nie.
    4. Kostes en belasting
      1. Elke item se prys word duidelik by die items gelys. Wanneer items in jou “inkopiemandjie” gelaai is, sal die pryse ook duidelik vertoon word.
      2. BTW van 15% word gehef op alle items wat in Suid-Afrika aangekoop word. BTW word nie gehef as die adres vir fakturering buite die grense van Suid-Afrika val nie.
      3. Invoerbelasting mag dalk betaalbaar wees deur sekere ontvangers van goedere in die buiteland. LAPA neem geen verantwoordelikheid vir die verskeie invoerbelastings wat van toepassing mag wees nie. Sulke kostes is die verantwoordelikheid van die kliënt.
    5. Versendingskostes en aflewering
      1. Alle bestellings/transaksies waarvan die waarde meer as R500,00 (vyfhonderd rand) is, word gratis deur koerierdienste afgelewer. Die bovermelde gratis aflewering is egter slegs geldig vir afleweringsadresse binne die grense van Suid-Afrika.
      2. Bestellings waarvan die transaksiewaarde minder as R500,00 (vyfhonderd rand) is, word bereken volgens afleweringsadres en gekose dienspakket.
      3. Aflewering geskied binne 14 (veertien) werksdae in Suid-Afrika. Lewering sal bevestig word deur 'n bestellingsbevestigingse-pos.
    6. Vooruitbestellings
      1. Van tyd tot tyd sal LAPA produkte adverteer wat beskikbaar sal wees in die toekoms. Dit bied jou die geleentheid om die produk te bestel nog voordat dit op die rakke beskikbaar is. Let egter daarop dat hierdie produkte afsonderlik bestel word en nie deel kan vorm van jou totale mandjie waar jy produkte aankoop wat reeds beskikbaar is nie.
      2. Die prosedure wat geld ten opsigte van die betaling van goedere wat op vooruitbestelling bestel word, sal aan jou gekommunikeer word.
    7. Beskikbaarheid van voorraad
      1. LAPA sal ten alle tye onderneem om sover moontlik produkte te adverteer op die webtuiste wat ten tye van die advertensie beskikbaar is, uitgesluit die produkte beskikbaar op vooruitbestelling waarna hierbo verwys is.
      2. Let egter daarop dat voorraad beperk is en indien LAPA om welke rede ook al nie die voorraad wat deur jou aangekoop is, kan lewer nie, sal jy deur LAPA hieroor ingelig word en sal jy geregtig wees op ’n volle terugbetaling vir die bedrag wat vir die betrokke produk betaal is. Sien ook die Terugsendings- en terugbetalingsbeleid hier onder.
    8. Betalingsmetodes:
      1. Jy kan op enige van die volgende maniere betaal: Visa, MasterCard of per EFT na LAPA se bankrekening, waarvan die besonderhede op aanvraag verstrek word. Kaarttransaksies sal vir LAPA afgehandel word via PayGate (Edms.) Bpk., wat die goedgekeurde betalingsportaal is vir alle Suid-Afrikaanse verkrygende banke. DPO PayGate gebruik die strengste vorm van kodering, naamlik Secure Socket Layer 3 (SSL3) en geen kaartbesonderhede word op die webwerf gestoor nie. Gebruikers kan na www.paygate.co.za gaan om hul veiligheidsertifikaat en veiligheidsbeleid te sien. 
        1. Wanneer die bestelling geplaas word, word die transaksiebesonderhede aan die bank gestuur en betaling word dadelik verhaal. Indien goedkeuring nie van die bank verkry word nie, sal die transaksie gekanselleer word.
        2. Geen bestellings kan op skuld aangegaan word nie.
      2. Handelsafsetland en transaksie geldeenheid
        1. Suid-Afrika is die handelsafsetland ten tyde wat betaalopsies aan die kaarthouer voorgehou is. Die transaksiegeldeenheid is Suid-Afrikaanse Rand (ZAR).
      3. Rekord van verkope
        1. ’n Volledige rekord van jou aankope by LAPA sal gehou word vir ’n periode van 12 maande.
        2. Gedurende hierdie tydperk sal jy jou vorige aankope kan besigtig en uitdruk. Let wel dat dit slegs die transaksies insluit wat jy op LAPA se webtuiste uitgevoer het vanaf 2 November 2015 .
        3. Dit sluit ook geen bestellings in wat jy telefonies, per e-pos of op enige ander wyse by LAPA geplaas het nie.
  4. Terugsendings- en terugbetalingsbeleid
    1. Algemeen
      1. Jy is geregtig daarop om enige item wat by LAPA aangekoop is, terug te stuur indien:
        1. Die verkeerde produk by jou afgelewer is; of
        2. Die produk wat jy ontvang het, defektief (stukkend) is of nie in ’n goeie toestand is nie; in welke gevalle jy geregtig is op ’n volle terugbetaling en/of die vervanging van die produk.
      2. Terugsendings in die geval waar die verkeerde goedere ontvang is, moet geskied binne 14 werksdae vandat jy die produk ontvang het en LAPA sal verantwoordelik wees vir die terugsendingskostes. Terugsendings in die geval waar die produk defektief is, kan geskied binne ses (6) maande ná ontvangs van die defektiewe goedere en LAPA sal verantwoordelik wees vir die terugsendingskostes.
      3. Let wel dat LAPA daarop geregtig is om die goedere te inspekteer wat teruggestuur word ná die periode van 14 dae waarna hierbo verwys word. Indien daar bevind word dat die goedere nie defektief is nie en/of wel in ’n goeie kondisie is, sal jy steeds verantwoordelik wees vir die transaksiekostes en sal jy ook gefaktureer word vir enige versendingskostes wat van toepassing mag wees.
      4. Indien jy geregtig is op ’n terugbetaling vir enige van bogenoemde redes sal so ’n terugbetaling op die volgende manier geskied:
        1. Bewys van bankrekeningbesonderhede, op ’n briefhoof van jou bank, moet aan LAPA gestuur word;
        2. Terugbetaling sal via EFT direk na jou bankrekening geskied.
        3. Neem asseblief kennis dat die terugbetalingsproses tot en met sewe (7) werksdae kan neem vir goedkeuring.
    2. Laat lewering van produkte
      1. Indien ’n produk nie gelewer word binne die ooreengekome afleweringstyd nie, of binne 30 dae ná aankope van die produk waar daar nie op ’n spesifieke afleweringstyd ooreengekom is nie, bepaal die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies dat jy die reg het om so ’n bestelling te kanselleer deur sewe (7) dae kennis te gee aan die verkoper (LAPA). In so ’n geval, stuur ’n e-pos-kennisgewing aan webbestellings@lapa.co.za.
      2. Indien die produk wat aangekoop is nie meer beskikbaar is nie, moet LAPA jou daarvan in kennis stel en ten volle terugbetaal binne 30 dae vanaf jou kennisgewing.
      3. LAPA neem geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige produk wat as gevolg van foutiewe, onakkurate, of gebrekkige kontakbesonderhede of versendingsadres nie ontvang is of laat gelewer is nie. Dit is jou verantwoordelikheid om ten alle tye die korrekte kontakbesonderhede en versendingsadres te verskaf.
    3. Defektiewe en/of beskadigde goedere
      1. Indien jy binne ses (6) maande vandat jy die produk van LAPA ontvang het, bevind dat die produk defektief is, mag die produk aan LAPA teruggestuur word. LAPA sal verantwoordelik wees daarvoor om in oorleg met jou:
        1. Die bedrag waarteen die produk aangekoop is ten volle terug te betaal; of
        2. Die produk te vervang.
      2. Weens die aard van gedrukte boeke as produkte , is dit onwaarskynlik dat gedrukte boeke geag defektief te wees. Gewone gebruik van gepubliseerde boeke as produkte, behoort nie aanleiding te gee tot enige defektiwiteit nie.
    4. Reëlings ten opsigte van terugsendings
      Indien jy enige produk wil terugstuur na LAPA binne die riglyne van die Bepalings en Voorwaardes, moet jy LAPA daarvan in kennis stel deur ’n e-pos te stuur aan webbestellings@lapa.co.za of deur 012 401 0700 te skakel. LAPA sal jou voorsien van ’n verwysingsnommer vir die terugsending. Die produk wat teruggestuur word, moet aan LAPA by Eenheid 12A (ii), Growthpoint Business Park, Tonettistraat 162, Halfweghuis x7, Midrand, 1685 gestuur word. Jy moet toesien dat die produk wat teruggestuur word, verpak is volgens die korrekte riglyne van die koeriers:
      a)        Die produk moet beskerm word deur die korrekte verpakkingsmateriaal;
      b)        Waar moontlik moet die produk steeds in sy oorspronklike verpakking wees; en
      c)        Die verwysingsnommer vir die terugsending moet duidelik op die pakkie aangebring word.
    5. Digitale inhoud en e-boeke
      1. E-boeke en ander digitale produkte kan op die webtuiste bestel word en dieselfde prosedure wat van toepassing is by die bestelling en betaling van nie-digitale produkte sal van toepassing wees op die bestelling van e-boeke. Sodra die transaksie afgehandel is en 'n 'voucher code' geskep is, kan e-boekbestellings nie gekanselleer en terugbetaal word nie. E-boek en ander digitale produk transaksies is finaal.
      2. Beperkinge op e-boeke
        1. Jy sal nie in staat wees om enige van die e-boeke wat op die webtuiste gekoop kan word op KOBO, ’n Amazon Kindle-apparaat of die Amazon Kindle-toepassing te lees nie.
        2. Jy sal slegs die e-boeke beskikbaar op die webtuiste kan lees en/of gebruik via die Snapplify eReader toepassing (application) op ’n apparaat wat die sagteware ondersteun.
        3. Ten einde die e-boek af te laai, het jy toegang tot ’n werkende internetkonneksie nodig.
      3. Aflewering
        1. Nadat jy die bestelling van die e-boek geplaas het en betaal het, sal jy ’n koeponkode (voucher code) ontvang wat gebruik moet word om die e-boek op die Snapplify e-leser toep af te laai.
        2. Daarna sal die kode ook beskikbaar wees onder jou profiel op LAPA se webtuiste.
        3. Alhoewel daar geen afleweringskoste van toepassing is op die aankoop van e-boeke nie, sal jy verantwoordelik wees vir die data-koste wat met die aflaai van die e-boek gepaard gaan.
        4. LAPA kan nie die spoed of grootte van die aflaai van enige e-boek verseker nie, aangesien dit van verskeie tegniese aspekte, meestal buite LAPA se beheer, afhang.
      4. Intellektuele goedere
        1. Alle inhoud van die webtuiste, insluitend alle data, teks, databasisse, foto’s, grafiese werke, e-boeke en sagteware is onderhewig aan outeursregbeskerming. Outeursreg in al die materiaal op die webtuiste behoort aan LAPA, of is aan LAPA gelisensieer. LAPA se outeursreg geniet beskerming in Suid-Afrika, sowel as in ander lande van die wêreld. Behalwe vir beperkte en redelike private gebruik, soos bepaal in die Outeursregwet 98 van 1978, mag geen materiaal van die webtuiste sonder LAPA se toestemming gereproduseer, herversprei of misbruik word nie.
        2. Geen outeursreg word na jou oorgedra met die aankoop van enige produk of aflaai van enige e-boek nie.
        3. Handelsmerke wat op die webtuiste veskyn, behoort aan LAPA, of is aan LAPA gelisensieer. In die verband moet jy kennis neem dat die naam LAPA, sekere titels van boeke en reekse, sekere grafiese voorstellings (veral van karakters), en name van sekere skrywers as handelsmerke beskerm word. Handelsmerke mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
        4. Die e-boeke wat aangekoop word op die webtuiste is slegs vir jou persoonlike gebruik en jy mag dit nie druk, kopieer of andersins versprei nie.
    6. Vrywaring
      1. Nie LAPA of enige van sy agente of verteenwoordigers sal verantwoordelik gehou word vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van enige aard wat mag ontstaan uit die onvermoë om hierdie webtuiste te gebruik nie. LAPA kan op geen stadium waarborg lewer, geïmpliseerd of anders, dat hierdie webtuiste vry van foute is nie en dat die diens 100% korrek sal funksioneer sonder enige onderbrekings of foutboodskappe nie. Indien jy enige fout sou vind op die webtuiste, kontak LAPA asseblief by die volgende e-posadres: webbestellings@lapa.co.za.
      2. Inligting, idees en opinies op hierdie webtuiste moet nie gesien word as professionele advies of die amptelike opinie van LAPA nie.
      3. LAPA sal verder gevrywaar word van enige eise wat voortspruit uit die gebruik van enige webtuiste, skakel, e-boeke of ander relevante platforms, insluitende derdepartyskakels en -platforms wat toegangklik is vanaf hierdie webtuiste.
    7. Privaatheid
      1. Dit is die voorneme van LAPA om alle verpligtinge met betrekking tot die beskerming van persoonlike inligting uit te voer en na te kom.
      2. Jy onderneem om die korrekte inligting en besonderhede aan LAPA te voorsien, en LAPA tydig in kennis te stel van enige veranderinge aan jou persoonlike inligting.
      3. LAPA mag gedurende jou gebruik van die webtuiste en die dienste wat daarop beskikbaar is jou persoonlike inligting verkry, gebruik en bewaar. Kliëntebesonderhede sal deur LAPA gestoor word, apart van kaartbesonderhede wat deur die kliënt op die veilige webwerf van DPO PayGate ingevoer word. Raadpleeg www.paygate.co.za vir meer besonderhede oor DPO PayGate.
      4. LAPA sal alle moontlike stappe doen om jou persoonlike inligting te beskerm. Vir die doel van hierdie klousule word “persoonlike inligting” gedefinieer volgens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000 (PAIA) en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013. Hierdie wette kan afgelaai word by www.justice.gov.za en www.polity.org.za
      5. LAPA Uitgewers mag elektronies die volgende inligting van jou verkry, bewaar en gebruik:
        1. naam en van;
        2. geboortedatum;
        3. geslag;
        4. land waar jy woon;
        5. naaste stad;
        6. niepersoonlike soekgewoontes en kliekpatrone;
        7. e-posadres;
        8. selfoonnommer (indien deur jou verskaf);
        9. IP-adres; en
        10. ID-nommer/paspoortnommer.
      6. LAPA Uitgewers kan die inligting vir die volgende doeleindes gebruik:
        1. om jou te groet wanneer jy op die webtuiste aanland;
        2. onderhewig aan jou toestemming daartoe, om jou in te lig rondom sake met betrekking tot die toegang en gebruik van LAPA se webtuiste;
        3. onderhewig aan jou toestemming daartoe, om spesiale aanbiedings en kompetisies van LAPA en/of sy vennote aan jou te stuur;
        4. om nie-persoonlike statistieke rondom soekgewoontes, kliekpatrone en toegang tot die webtuiste saam te stel;
        5. om jou identiteit te verifieer wanneer jy transaksies op LAPA se webtuiste uitvoer; en
        6. om te verseker dat die goedere ontvang is deur die geadresseerde.
      7. Bogenoemde inligting word óf elektronies ingesamel deur die gebruik van “cookies” óf word vrywilliglik deur jou aangebied. Jy kan die gebruik van “cookies” onafhanklik deur die verstellings op jou eie internetleser stel. Jy kan ook die opsie uitvoer om geen kommunikasie van LAPA en sy vennote te ontvang nie.
        LAPA Uitgewers mag inligting oor jou versamel, bewaar, saamstel, beheer en deel onderhewig daaraan dat LAPA nie jou persoonlike inligting bekend sal maak nie tensy:
        1. jy daartoe instem; of
        2. LAPA deur wetlike prosesse of reëls daartoe verplig word.
      8. Jy is geregtig om op enige stadium jou toestemming vir die gebruik en bewaring van die persoonlike inligting terug te trek of beswaar te maak teen die gebruik en bewaring van jou persoonlike inligting.
      9. LAPA mag enige inligting saamstel, gebruik en deel wat nie betrekking het op ’n spesifieke verbruiker nie.
      10. LAPA besit en behou alle regte op niepersoonlike statistieke wat ingewin en saamgestel word deur LAPA.
      11. Jy is daarop geregtig om ter enige tyd, nadat behoorlike bewys van identifikasie aan LAPA verskaf is, LAPA te versoek om gratis te bevestig dat LAPA persoonlike inligting van jou hou en om LAPA te versoek om ’n rekord van die inligting gehou soos vermeld binne ’n redelike tyd, teen ’n voorgeskrewe fooi (indien enige), in ’n formaat en in ’n vorm wat verstaanbaar is te lewer.
      12. Nadat die inligting soos vermeld bekom is, is jy geregtig daarop om LAPA te versoek om enige inligting wat in LAPA se besit is en wat verkeerd, irrelevant, oormatig, oud, onvolledig, misleidend of onregmatig bekom is, te korrigeer of te verwyder.
      13. Jy is geregtig daarop om ’n klag te lê by die Inligtingreguleerder in verband met enige inmenging met die beskerming van die jou persoonlike inligting. Jy is ook geregtig daarop om siviele aksie in te stel rakende die inmenging met die beskerming van jou persoonlike inligting.
    8. Toepaslike reg, wetgewing en regulasies
      1. Algemeen
        1. LAPA is onderworpe aan die volgende regulasies en wetgewing:
          1. die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 met betrekking tot enige produkte verkoop deur LAPA deur sy webtuiste; en
          2. die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 met betrekking tot LAPA se betalingstelsels en sekuriteit; en
          3. die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 met betrekking tot persoonlike inligting wat bekom is deur die gebruik van die webtuiste; en
          4. die Wet op Outeursreg 98 van 1978 met betrekking tot hierdie webtuiste en enige produkte verkoop deur LAPA deur sy webtuiste; en
          5. die Wet op Handelsmerk 194 van 1993 met betrekking tot hierdie webtuiste en enige produkte verkoop deur LAPA deur sy webtuiste; en
          6. die Grondwet 108 van 1996 met betrekking in die algemeen.
        2. Jurisdiksie
          1. Hierdie webtuiste word geberg, gekontroleer en bedryf vanuit die Republiek van Suid-Afrika en is daarom onderworpe aan die Suid-Afrikaanse wetgewing. Die Suid-Afrikaanse Reg sal van toepassing wees op enige moontlike geskil, transaksie, of interpretasies van hierdie Bepalings en Voorwaardes.
          2. Partye stem verder toe tot die eksklusiewe jurisduksie van die Landdroshof in Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika, nieteenstaande waar ’n geskil of transaksie ontstaan, of die webtuiste geberg word.
    9. Moontlike geskille
      1. Enige geskil wat voortvloei uit die gebruik van hierdie webtuiste moet as volg benader word:
        1. Jy moet LAPA binne sewe (7) dae vanaf die ontstaan van die geskil daaroor inlig deur ’n e-pos te stuur aan webbestellings@lapa.co.za of deur 012 401 0700 te skakel.
        2. Indien LAPA en jy nie hierdie geskil direk en informeel kan oplos binne 30 dae nadat LAPA in kennis gestel is van die geskil nie, sal die geskil verwys word vir arbitrasie, wat hanteer sal word deur ’n onafhanklike arbiter, wat deur beide jou en LAPA goedgekeur sal word. Indien LAPA en jy nie tot ’n vergelyk kan kom oor die arbiter nie, sal arbitrasie na die Arbitrasiestigting van Suid-Afrika (AFSA) verwys word. Die uitkoms van die arbitrasie sal geag finaal en bindend te wees.
        3.  LAPA en jy kan egter skriftelik ooreenkom om enige geskil tot mediasie te verwys, voor enige arbitrasie plaasvind. Mediasie sal hanteer word deur ’n verteenwoordiger van De Kock Prokureurs Ingelyf, en enige voorstelle deur die mediator sal as bindend en finaal geag word.
    10. Wysigings
      1. LAPA behou die reg voor, om van tyd tot tyd, sonder kennisgewing aan jou, die inhoud van hierdie webtuiste, insluitende inligting, produkte en pryse daarop, asook die inhoud van hierdie Bepalings en Voorwaardes, te wysig.
      2. Die partye aanvaar verder dat e-pos-kommunikasie genoegsaam is om te voldoen aan die regsvereiste om “skriftelik” te wees, waar skriftelike kennisgewings van wysigings van jou verskaf moet word ingevolge hierdie Bepalings en Voorwaardes, mits die integriteit van jou e-posadres nie onder verdenking is nie, en nie outomaties geblok word deur LAPA se diensverskaffers nie.