Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige
onderwyser (ouer en leerder) soek. Dit is wat die
Taalwerkboek Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10-12
ideaal maak: Dit is ’n taalhersieningsboek vir Afrikaans
Eerste Addisionele Taal met oefeninge vir taalstrukture
en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die
volgende taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses,
sinsbou, spelling en punktuasie. Die hersieningsvrae is ook
in noue samehang met die Nasionale Eksamenvraestel 1 vir
Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS en IEB) opgestel.
Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture
en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil
doen. Die boek dien as aanvulling vir all taalhandboeke.
Antwoorde word op ‘n QR-kode verskaf.