Ons Skolespan

Daar is vyf lede in die skolespan wat verkope en bemarking van LAPA en Penguin Rand House se boeke by hoër- en laerskole regoor Suid-Afrika behartig. Hannes Barnard is die verkoopsbestuurder, Helene de Kock, die verkoopskoördineerder en Sakhiwo Mbatha is ons verkoopsverteenwoordiger. Nadine Petrick en Ena Stegman is die bemarkingspan wat bemarkingsplanne en -strategieë beraam en sorg dat dit effektief deurgevoer word. Wat die span dinamies maak is almal se unieke agtergrond. Sakhiwo en Helene werk beide al jare vir Penguin Random House en beskik oor ongelooflike boekekennis en belangrike netwerke op al die regte plekke.

Hannes, self ’n jeugboekskrywer, het ’n bemarkingsagtergrond met baie ondervinding met skole. Nadine se jare in die media en werk as bemarker en kommunikasbestuurder van twee van die land se top skole, en Ena se kennis en kreatiwiteit kom alles goed te pas in dié bedrywige afdeling. Daarbenewens word die span ondersteun deur ’n sterk netwerk van spesialiste, onder meer ’n wonderlike administratiewe span en ons opvoedkundige uitgewers by LAPA en Penguin Random House, Kathie Viljoen en Marieta Nel. Hierdie twee formidabele persone het jare se onderwys- en verkoopservaring.

Hannes Barnard

Hannes is die nasionale verkoopsbestuurder vir die skolespan. Kontak hom by hbarnard@penguinrandomhouse.co.za

Helene de Kock

Helene de Kock is die skolespan se verkoopskoördineerder vir Penguin Random House en LAPA titels aan agente en skoleboekhandelaars. Kontak haar by hdekock@penguinrandomhouse.co.za


Sakhiwo Mbatha

Sakhiwo Mbatha is die verkoopsteenwoordiger vir onderwys en opvoeding en hy werk landswyd met skoleboekhandelaars, nasionale en provinsiale onderwysdepartemente en skole. Kontak hom by smbatha@penguinrandomhouse.co.za

Nadine Petrick

Nadine Petrick doen bemarking en publisiteit van Afrikaanse kinder- en jeugboeke en is deel van LAPA en PRH se skolespan. Kontak haar gerus by npetrick@penguinrandomhouse.co.za


Ena Stegmann

Ena Stegmann is die digitale bemarker vir Kinder- en Jeug en Klaskameraad. As jy enige vrae het oor ons digitale bemarkingsinisiatiewe, kontak haar by estegmann@penguinrandomhouse.co.za

Jaconette van Dyk

Jaconette is ons skole verkoopsverteenwoordiger en is gebasseer in Kaapstad. Kontak haar vir enige navrae oor boekvoorstelle en bestellings asook skrywersbesoeke by jvandyk@penguinrandomhouse.co.za

Karen Van Rensburg

Karen is ons skolespan se streeksverteenwoordiger van Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, die Noordwes en Vrystaat. Kontak haar gerus vir navrae oor boekvoorstelle, uitstallings en skrywersbesoeke. Kontak haar by Kvanrensburg@penguinrandomhouse.co.za