Ons Skolespan

Opvoedkunde en geletterdheid loop hand aan hand, en dit is vir ons ’n passie om kinders, onderwysers en ouers te help om die regte boeke te vind!

Ons skolespan bestaan uit 10 lede wat die verkope en bemarking van LAPA en Penguin Random House se boeke by laer- en hoërskole regoor Suid-Afrika behartig. Wat die span besonders maak, is hul uiteenlopende ervaring en kundigheid van diepgaande boekekennis en sterk netwerke tot bemarking, media en onderwyservaring.

Dr. Nandi Lessing-Venter, met jare se ondervinding as ons Kinder- en Jeuguitgewer, is nou ons Opvoedkundige Uitgewer, en saam met Kathie Viljoen, Opvoedkundige Inhoudsbestuur, en Marieta Nel as Opvoedkundige Inhoudspesialis, voeg hulle jare se waardevolle onderwys- en verkoopskennis by. Die span word verder versterk deur ’n toegewyde administratiewe span.

Hannes Barnard

Hannes is die Nasionale Verkoopsbestuurder vir die skolespan. Hy is ook ’n jeugboekskrywer, het ’n bemarkingsagtergrond met baie ondervinding met skole. Kontak hom by hbarnard@penguinrandomhouse.co.za

Corné Grobbelaar

As Opvoedkundige Projekbestuurder, is Corné verantwoordelik vir die ontwerp, bestuur en implementering van nasionale leesveldtogte en opvoedkundige inisiatiewe. Haar ondervinding strek van onderwys tot die bestuur van operasionele spanne. Kontak haar by cgrobbelaar@penguinrandomhouse.co.za


Karen Jullies

Karen is die Nasionale Opvoedkundige Besigheidsbestuurder van Berlut Books en is verantwoordelik vir die strategiese rigting en toesig oor die Handbook- en Study Guide-reekse. Sy werk nou saam met opvoeders en sleutelbelanghebbendes in alle provinsies om te verseker dat Berlut se hulpbronne by die kurrikulumvereistes aansluit en betekenisvolle leeruitkomste ondersteun. Kontak haar by kjullies@penguinrandomhouse.co.za

Jaconette van Dyk

Jaconette is tans Streeksbestuurder in die skoleverkopespan en oorsien verkope in Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap en Namibië. Kontak haar vir enige navrae oor boekvoorstelle en bestellings asook skrywersbesoeke by jvandyk@penguinrandomhouse.co.za


Renette Symington

Renette Symington is 'n verkoopsverteenwoordiger vir die skolespan in die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Namibië. Haar werk behels onder andere skoolbesoeke, skrywerstoere en kommunikasie met agente en skoleboekhandelaars. Sy help ook graag onderwysers om die ideale leesboeke vir klaskamers en biblioteke te kies. Kontak haar by rsymington@penguinrandomhouse.co.za

Karen du Preez

Karen bou sterk verhoudings met veral onderwysers, vakhoofde en skoolbibliotekarisse – sowel as skoleboekhandelaars en vakadviseurs in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en Vrystaat, met moontlike samewerking in ander provinsies. Dit sluit in die advies oor Afrikaanse en Engelse boeke vir die klaskamer, die aanbieding van relevante titels aan skoleboekhandelaars en die verskaffing van opleiding en bemarkingsmateriaal. Kontak haar by kvanrensburg@penguinrandomhouse.co.za


Helene de Kock

Helene de Kock is Verkoopskoördineerder vir Penguin Random House- en LAPA-titels aan agente en skoleboekhandelaars. Kontak haar by hdekock@penguinrandomhouse.co.za

Sakhiwo Mbatha

Sakhiwo Mbatha is Verkoopsteenwoordiger vir Onderwys en Opvoeding en hy werk landswyd met skoleboekhandelaars, nasionale en provinsiale onderwysdepartemente en skole. Kontak hom by smbatha@penguinrandomhouse.co.za


Nadine Petrick

Nadine is Bemarkingsbestuurder van Plaaslike Kinder- en Jeugboeke en behartig ook publisiteit en bemarking vir LAPA en PRH se skolespan. Kontak haar gerus by npetrick@penguinrandomhouse.co.za

Ena Stegmann

Ena is die digitale bemarker van plaaslike kinder- en jeugboeke. Sy behartig webinare, nuusbriewe, ons opvoedkundige blog en ons sosialemediabladsye. As jy enige vrae het oor ons digitalebemarkingsinisiatiewe, kontak haar by estegmann@penguinrandomhouse.co.za