“Niemand boer met walvisse in die Vrystaat nie.”
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal.
Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai ... Of dalk nie vir lank nie.
Ouma Mollie wil nou op ’n plaas gaan bly – saam met haar sussie, tannie Kietie.
Maar die moeilikheid volg ouma Mollie waar sy gaan.
- Sy verloor haar valstande.
-Sy probeer ’n koei melk.
-Dinge loop verder skeef toe ’n windpomp haar gryp.
-O ja, en dan is daar die probleem met die walvis op die plaas ...
Gelukkig is Nina, Simon en Blapsie daar om te help. Maar sal hulle dit hierdie keer regkry?