Ashleigh Hala is 'n toegewyde onderwyser met 'n Graad in Opvoedkunde in die Senior Fase (FET)
en 'n dekade se ondervinding in die klaskamer. Sy het die voorreg gehad om Wiskunde aan kinders
van alle ouderdomme te onderrig, maar het 'n besondere liefde vir die Grondslagfase. Onlangs het
sy haar horisonne verbreed deur 'n LLB-graad te verwerf, met 'n besondere belangstelling in
opvoedkundige reg. Binne en buite die klaskamer is sy passievol daaroor om wiskunde lekker te
maak deur die toepassing van innoverende onderrigmetodes.
Michele Hala began began her career as a graphic designer in the advertising industry, but education had always been a passion close to her heart. At the age of 45, Michele decided to follow that passion and completed her Bachelor of Education degree through UNISA, graduating cum laude. Her teaching career starts as a Grade 2 class teacher, where she developed a particular passion for Mathematics and for helping young children build strong foundational skills through practical, hands-on learning. Her teaching approach embraces constructivist principles, encouraging children to explore, discover and develop mathematical understanding through concrete experiences. Today Michele serves as a Deputy Head of Wellness at Broadacres Academy.
Die Tippie doen wiskunde-reeks fokus op die boustene van wiskundige geletterdheid en gee aan jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippie-temas.
Elkeen van die Tippie doen wiskunde-reekse het ‘n onderwysersgids waarin die 10 boeke per reeks tot die fynste detail bespreek en verduidelik word. Die onderwysersgids sal onderwysers en ouers toerus met omvattende en praktiese verduideliking en raad oor hoe om wiskundige konsepte op 'n eenvoudige, praktiese en prettige manier aan leerders te verduidelik.
Feitlik elke bladsy van elkeen van die 10 wiskundeboeke per graad, word breedvoerig verduidelik aan die hand van die volgende afdelings:
* Toerusting wat nodig is om die wiskunde begrippe te verduidelik
* Kernkonsepvaardighede
* Bekendstelling van die konsep
* Onderrigwenke
* Leesuitkomste
* Vaslegging
Die onderwysersgidse is per kwartaal ingedeel om onderwysers met beplanning te help. Daar is esktra werkkaartvoorbeelde vir elke kwartaal met ‘n QR-kode wat lei tot A4-grootte werkkaarte. Matrikse en assesseringshulpmiddels is ook op QR-kodes beskikbaar.
Wat maak die gids anders?
* Waar Tippie aansluit by Lewensvaardigheid en aktiwiteite in die DBO-werkboeke, word dit met ikone aangedui, met bladsyverwysing indien van toepassing.
* Voorstelle van watter konsepte vir deurlopende en/of formele assessering gebruik kan word, word aangedui.
* Die onderwysersgidse is gebruikersvriendelik met ‘n informele aanslag – ideaal vir ouers en tutors wat nie in die klaskamer staan nie.