Die Tippie doen wiskunde-reeks fokus op die boustene van wiskundige geletterdheid en gee aan
jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippie
temas.
Elkeen van die Tippie doen wiskunde-reekse het 'n onderwysersgids waarin die 10 boeke per reeks
tot die fynste detail bespreek en verduidelik word. Die onderwysersgids sal onderwysers en ouers
toerus met omvattende en praktiese verduideliking en raad oor hoe om wiskundige konsepte op 'n
eenvoudige, praktiese en prettige manier aan leerders te verduidelik.
Feitlik elke bladsy van elkeen van die 10 wiskundeboeke per graad, word breedvoerig verduidelik
aan die hand van die volgende afdelings:
* Toerusting wat nodig is om die wiskunde begrippe te verduidelik
* Kernkonsepvaardighede
* Bekendstelling van die konsep
* Onderrigwenke
* Leesuitkomste
* Vaslegging
Die onderwysersgidse is per kwartaal ingedeel om onderwysers met beplanning te help. Daar is
esktra werkkaartvoorbeelde vir elke kwartaal met 'n QR-kode wat lei tot A4-grootte werkkaarte.
Matrikse en assesseringshulpmiddels is ook op QR-kodes beskikbaar.