Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is ideaal vir klaskamergebruik. Die gids is so saamgestel dat dit die analise van
die roman vir die onderwyser vergemaklik: literêre aspekte word
binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, daar is langvrae, daar word verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite binne konteks van die roman gegee, en daar is klasbesprekingspunte.