Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Die LEER MY LEES-reeks bestaan uit trots Suid-Afrikaanse gegradeerde leesboeke wat leesbegrip en -vlotheid progressief ontwikkel. Vlak 4 se stories fokus op langer sinne en langer paragrawe. Tippie stel die leser bekend aan nuwe kontekstuele woordeskat, maar is steeds maklik om te lees, en bou selfvertroue.