Max se lewe is verby. Sy sal moet trek. ’n Ander identiteit kry. Sy het sosiale selfmoord gepleeg. Haar en haar beste vriendin, Bibi, se gunstelingspeletjie Fast Forward verander
in ’n ramp nadat sy per ongeluk ’n spottende boodskap op die graad 10-groep stuur – waar almal dit kan lees. Sy word summier van die groep afgeskop, en hulle word al twee uitgesluit van die graad se beplande “Halfpadklaar”-vieringe.
Max en Bibi, saam met die nuwe ou Jonatan, vorm ’n onwaarskynlike driemanskap en beplan eerder hul eie feesvieringe op Jonatan se oom se kleinhoewe. Hulle organiseer ’n fliekaand wat ook ’n fondsinsameling word om Max se ouma se kamermaat te help. Maar die aand is vol uitdagings en verrassings wat dreig om hulle planne omver te gooi. Saam besef hulle dat die lewe nie noodwendig beter is as deel van die in-groep nie.
Die Tusseninners, 'n skreeusnaakse en geloofwaardige nuwe grootwordverhaal uit Zelda Bezuidenhout se pen, is vir almal wat nie inpas op hoërskool nie en maar net in die spasies tussen-in oorleef.