DIE BOEK
Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin …
Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak.Neem jou tyd om lede vir jou band te kies.Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie.
Ons het al die reëls oortree …
Die verhaal begin met 'n humoristiese insident met ‘n beeldjie van Mozart en lipstiffie. Dit lei tot die ontstaan van die vier hoofkarakters, Tiaan, Zane, Bongani en Liezl, se band, Suurlmoen.
Zane is die moeilikheidmagneet wat baie spontaan is en ook baie vinnig verlief raak. Bongani is 'n karakter wat glad nie nonsens vat nie en bestuur die band soos sy die tromme speel – sterk en seker. Liezl is die slim en mooi meisie met die goue stem wat Tiaan en Zane se voete onder hulle uitslaan. Tiaan is effens skaam met 'n romantiese streep en 'n passie vir foto's en Post-It-Plakkers. Saam met Frik Venter, wat die band kort-kort wil dwarsboom, die twee DJ’s by die skool se radiostasie en die vier vriende se verskillende uitkyke op die lewe, word die leser op ‘n humoristiese en genotvolle musiekreis vol intrige geneem.
| Publikasie Datum | 01 Jun. 2025 |
|---|---|
| Formaat | E-boek |
| Skrywer | Jaco Jacobs |