’n Jaar in my lewe (EBOEK)

R170,00
In voorraad
ISBN
9780637008297
Format: EPUB
Publish date: 2025-10-01
Links
1996. Die jaar van ons nuwe grondwet en die krieketwêreldbeker. Van die tweede KKNK en die begin van “Friends” op MNet. Liam is ’n lenige diskusgooier. Hy herinner Martin aan ’n lelike Brad Pitt. Wat nog steeds mooi is. Liam dink Martin lyk soos Jonty Rhodes met sy aarbei-blonde hare. En hy is irriterend slim. ’n Valentynssokkie en ’n wolkbreuk. ’n Rekenaarspeletjie en ‘n oomblik in die fliek. ’n Laataand gesprek met Eurythmics se “Sweet Dreams” wat speel. ’n Vonk. Martin, die dominee se kind, weet wie en wat hy is. Hy hoort nie in hierdie dorp nie, maar hy weet hy hou van Liam. Liam droom van meisies en seuns. Hy weet nie wie hy is nie, maar hy weet hy hou van Martin. Die vraag is, mag hy? In hierdie dorp? In hierdie tyd? Is die liefde sterk genoeg om alles te oorwin?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Okt. 2025
Formaat EPUB
Skrywer Louis Pretorius
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Louis Pretorius