Reinette Lombard has a Teaching and Honours Degree in Special needs education. Reinette specialised in Autism Spectrum Disorders and was mentored by Maggi Golding and subsequently became one of 12 Makaton tutors in SA, did TEACCH training with Maggi and worked and consulted for several NPO’s to create ASD specific teacher, therapist and parent training. Reinette worked in both public and private school’s as deputy principal, had a large remedial practise before taking a sabbatical to start a family. Reinette now owns and runs an educational consulting company that assists corporates to establish Specialised Educational services.
Together with Jose Palmer, they developed the acclaimed Tippie Learns to Read reading series and the Tippie Does Maths series for Grade R-3 learners and teachers. Tippie is a quadrilingual – speaking Afrikaans, English, isiXhosa and isiZulu! He can also do maths in both Afrikaans and English.
In close collaboration with Sally Goldman and Penny O’Toole, Reinette played a key role in shaping the Berlut Maths Grades 4-6 series. Sally and Penny developed the mathematical content, while Reinette conceptualised and structured the layout and directed the image selection and placement, establishing the series’ cohesive visual identity.
Tippie is nou beskikbaar in boeke vir babas en kleuters!
Hierdie reeks is vol kleurryke illustrasies, snaakse karakters en verspotte
stories wat beide kleuters en ouers sal laat giggel van plesier.
In “Tippie se eerste boek oor troeteldiere” is Tippie op soek na die perfekte troeteldier. Tippie kan kies uit ʼn paar vreemde diere - van ovaalponie wat lief is vir macaroni tot ʼn marmot met ʼn pruik! Tippie en hierdie snaakse diere sal jou kleinding laat skaterlag terwyl hulle leer oor verskillende tipes troetel-diere.
“Tippie se eerste boek oor kleure” is ʼn reënboogontploffing van emosies! Elke bladsy is vol helder kleure en basiese emosies, bekend aan kleuters. Jou kleuter sal leer om kleure soos rooi, groen, geel, blou en meer, en sal ook
emosisies beter kan verstaan en identifiseer.
Maak gereed vir ʼn paar teenoorgestelde-dag kaskenades in “Tippie se eerste boek oor teenoorgesteldes”! Tippie en Robin is vol grappies en doen presies die teenoorgestelde van wat hulle veronderstel is om te doen. Stel jou kleuter bekend aan die basiese konsep van teenoorgesteldes terwyl hulle vermaak word deur Tippie en Robin se pret en plesier.
“Tippie se eerste boek oor syfers” is vol rumoerige pret wanneer Tippie en vier van sy maats hou ʼn pajama-partytjie. Laat jou kleinding lag en leer terwyl hulle die wêreld van die syfers 1-5 verken.
Laastens is “Tippie se eerste boek oor klanke” ʼn prettige reis deur ʼn verskeidenheid van snaakse geluide. Terwyl jou kleuter leer oor verskillende tipes geluide, kan hulle heerlik giggel saam met die verspotte karakters. Sluit aan by die pret wanneer Oupa die prys wen vir die hardste nies, terwyl Robin giggel omdat Tippie sy onderbroek op sy kop dra. Kan jy raai watter geluid Tippie maak wanneer hy sy sap te vinnig drink? Wie het gedink dat geluide soveel pret kan wees?