Ontmoet vir Jorsie, 'n klein worshond met 'n groot hart en 'n nog groter familie! Maar wag, hy's nie sommer 'n gewone worsie nie ... terwyl sy neefs en niggies skoothonde is, is Jorsie anders. Hy's nie tevrede met 'n gewone hondelewe nie, hy wil 'n polisiehond wees!